Thursday, August 6, 2015

God is enig



 Die leerstelling van die "Drie-Eenheid"
vergelyk met dit
wat die Bybel werklik leer



Hoor, Israel, die HERE onse God is 'n enige HERE.
- Deuteronomium 6:4



Geagte leser

Dit is nie die bedoeling van hierdie boekie om U motiewe of die opregtheid van U geloof te bevraagteken nie. Wat wel onder verdenking is, is die leerstelling van die "drie-enigheid" soos deur die Christendom in die algemeen verkondig word. Dit is interresant en soms ironies dat baie Christene a.g.v. die ooglopende lering van die Bybel, nie werklik in 'n drie-enige God glo nie, en in baie gevalle nie eers weet of besef wat die kerk van hulle verwag om te glo nie. So, byvoorbeeld, word die apostoliese geloofsbelydenis hardop in baie kerke gesê maar is dit ver verwyderd van wat die kerk voorhou as 'n vereiste vir saligheid (soos opgesom in die geloofsbelydenis van Athanasius).

Hierdie onderwerp word onder die volgende hoofopskrifte behandel : -
1.    Die leerstelling van die drie-eenheid word nie in die Bybel geleer nie.
2.    Wat leer die Bybel regtig?
3.    Implikasies.
4.    Verse wat lynreg teenstrydig is met die leerstelling van die drie-eenheid.
5.    Waar kom die dogma van die drie-eenheid vandaan?
6.    Besware en oënskynlike probleemverse.
7.    Dogma vs ware Bybel-leerstellings.

Die leerstelling van die drie-eenheid word nie in die Bybel geleer nie.

Hierdie is 'n objektiewe gevolgtrekking wat deur Christadephians gemaak word omdat hulle 'n gemeenskap is wat hulle Bybels bestudeer en nie deur pastore of dominees gelei word wat, alhoewel hulle vir 'n aantal jare studeer het, dwaling bestudeer wat reeds in die eerste eeu in die kerk begin het.



Dat die dogma van die drie-eenheid nie in die Bybel gevind word nie, is ook die gevolgtrekking (bekentenis) van:

& Objektiewe derde partye
& Hoogs intelligente Bybelstudente soos Sir Isaac Newton
& Teoloë self wat die drie-eenheid leer en glo !!

[A] Voorbeelde van objektiewe derde partye (mense wat godsdiens uit 'n akademiese of historiese uitgangspunt beskou)

TRINITY : -The doctrine of God taught by Christianity that asserts that God is one in essence but three in "person", Father, Son, and Holy Spirit. Neither die word "trinity", nor die explicit doctrine as such, appears in die New Testament, nor did Jesus and His followers intend to contradict the shema in die Old Testament which says "Hear O Israel, the Lord our God is one Lord" (Deut 6:4) . . . Die doctrine gradually developed over several centuries
- Encyclopedia Brittanica

Die propositions of the dogma of the trinity were not drawn directly from die New Testament and could not be expressed in New Testament terms. They were the products or reason, speculating on a revelation of faith . . . they were only formed through centuries of effort, only elaborated by the aid of the conceptions and formulated in the terms of Greek and Roman metaphysics (i.e.. borrowed from pagan mythology).
- Encyclopaedia Brittanica

[B] Voorbeelde van Sir Isaac Newton se gevolgtrekkings.

Hy het baie meer studies oor die Bybel gedoen as oor die wetenskap, maar dit was nooit gepubliseer nie - juis omdat sy gevolgtrekkings in baie gevalle teenstryding met die van die  populêre Chritendom was.

Die volgende word aangehaal uit 'n biografie van Isaac Newton genaamd "Never at rest":

1.    "The word "God" put absolutely, without restriction on the Son or Holy Spirit, always signifies the Father from one end of die Scriptures to the other."

Galasiërs 1:3 – "Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus..  "

2.    "Whenever it is said in die Scriptures that there is but one God, it is meant of die Father."

1 Korintiërs 8:6 – "tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom."

3.    "The Son confesses the Father greater than himself and calls him his God."

Openbaring 3:12 -  "Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam."

4.    " Die union between him (Jesus) and the Father, he interprets to be like that of the saints one with another. That is in agreement of will and council."

Johannes 17:21 – "dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het."

[C] Voorbeelde van teoloë wat in die drie-eenheid glo maar self erken dat dit nie in die Bybel geleer word nie.

1.     "Daar is egter sekere aspekte soos die drie-eenheid en die Sabbat wat nie glashelder in die Bybel geleer word nie, maar wat deur studie in spesifieke dogma deur die kerk ontwikkel is………Die kerk het spesifieke formules bereik d.m.v. moeisame en strydende weë " - (Dr W. Marais - Die kinderdoop en besprinkeling 1974).

2.     "It must be admitted by everyone who has the rudiments of an historical sense, that the doctrine of the trinity, as a doctrine, forms no part of the original message. St Paul knew it not, and would have been unable to understand the meaning of the terms used in the theological formula on which the Church ultimately agreed ." -  (Dr W.R. Matthews - Dean of St Pauls - in his book "God in Christian thought and experience (Pg. 180)").

3.     It must be owned that the doctrine of the trinity, as it is proposed in our articles, our liturgy, our creeds, is not in so many words taught us in the Holy Scriptures. What we profess in our prayers we nowhere read in Scripture, that the one God, the one Lord, is in person not one only, but three persons in one substance.  -- (Bishop Smalridge - in one of his sermons).



Belangrike Implikasies

Daar is 'n baie belangrike implikasie wat volg sodra ons sê dat die lering van die drie-eenheid nie in die Bybel geleer word nie. Ons bespreek hier drie van hulle nl:
1.     God se doeltreffendheid kom in gedrang
2.     God se doel word vertroebel
3.     Aanbidding op 'n heidense grondslag verdeeld.

n   God se doeltreffendheid in gedrang


Ons impliseer eintlik dat God nie goed genoeg en duidelik genoeg te werk gegaan het toe Hy die Bybel d.m.v. inspirasie deur mense laat skryf het nie, en dat dit die mens toe 300 jaar geneem het om 'n dogma te formuleer waarvan geloof daarin 'n vereiste gemaak is tot saligheid. Ironies genoeg is hierdie leerstelling van die drie-eenheid onverstaanbaar en die kerk stel dit ook so. Blindelingse geloof in die dogma word dan vereis. Dit op sigself is teenstryding met wat die Bybel leer in Handelinge 17:11 byvoorbeeld, waar mense as edel beskou word omdat hulle dit wat selfs die apostels onder leiding van die Heilige Gees verkondig het, aan die Woord van God getoets het.

Dit is egter ondenkbaar dat God nie die regte lering (nodig vir saligheid) duidelik in die Bybel sou openbaar nie. Die Bybel bevat alles wat ons nodig het om die saligheid te verkry en  was ± 90 jaar na Christus voltooi, LANK VOOR die lering van die drie-eenheid deur die kerk geformuleer was.

Verder : -

Dit is God se wil dat almal gered moet word en tot 'n kennis van die waarheid sal kom.
1 Timoteus 2:4 "(God) wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom."

Die weg om die waarheid te ken en saligheid te verkry word gevind in die Bybel 
"2 Timoteus 3:15  en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus."

'n Ware kennis van die enigste God en Sy seun Jesus is nodig vir saligheid.
Johannes 17:3 " En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. "

Dus, as God wil hê ons moet gered word en die waarheid ken is dit logies dat Hy seker sal maak dat die manier hoe Hy hierdie waarheid sou openbaar baie duidelik en volledig sal wees. Dit het God wel ook deeglik gedoen soos die verse hierbo duidelik uitwys. Dus, AS 'n LEERSTELLING NIE EENVOUDIG, VERSTAANBAAR EN DUIDELIK IN DIE BYBEL GELEER WORD NIE, IS DIT NIE VAN GOD NIE EN NIE DIE WAARHEID NIE.

n   God se doel word vertroebel.


Wie kry die glorie as die lering v.d. drie-eenheid geglo word?
" Nevertheless, in the Christian understanding of Christ as being one with the Father there is a constant possibility that faith in God will be absorbed in a "mono-Christism" - i.e. that the figure of the son in the life of faith will overshadow the figure of the father and thus cause it to disappear and that the figure of the creator and the sustainer of the world will recede behind the figure of the redeemer. The history of Christian piety has constantly moved in this field of tension"  Encyclopaedia Brittanica.

God se doel is dat die aarde met SY glorie gevul sal word
" Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek" (Habakuk 2:14).

Jesus speel 'n sleutel rol in die vervulling van hierdie doel maar bly in ewigheid nog steeds onderdanig aan God.
"En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een (God) wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees (1 Korinthiërs 15:28).

Verse in die Bybel wat duidelik teenstrydig is met die dogma van die drie-eenheid:

1 Timotheüs 2:5  " Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus."

Let op dat die apostel Paulus na Jesus verwys as die mens, selfs na Jesus opgevaar het hemel toe. Dit is in harmonie met die Bybel se verklaring dat Jesus 'n man was, wat deur 'n wonderbaarlike geboorte vir die eerste keer die lig gesien het. Dit was toe God se spesiale krag (die Heilige Gees), 'n maagd in staat gestel het om geboorte aan 'n seun te gee wat toe 'n sondelose lewe gelei het en as sulks as 'n volmaakte verteenwoordigende offer gesterf het...



1 Timotheüs 2:5 grafies voorgestel sal dus as volg lyk:

en nie soos die onderstaande diagram, wat die wat in die leerstelling van die drie-eenheid glo, dikwels voorhou nie:


Hoe is dit moontlik vir Jesus om 'n man te wees tussen God en die mens as hy deel is van 'n drie-enige God wat uit dieselfde substansie bestaan? Dit maak net eenvoudig nie logies sin nie. Maar meer belangrik – die Bybel leer duidelik dat die eerste diagram korrek is, soos die volgende vers bevestig:

" Want Christus het nie ingegaan in 'n heiligdom met hande gemaak, 'n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn" (Hebreërs 9:24).

Hoe is dit moontlik as hy self deel van 'n drie-eenheid is? 'n Mens kan nie in jou eie teenwoordigheid verskyn nie.


Wat leer die Bybel regtig?

Oor God
Die Bybel leer dat God EEN is en dat Hy die Vader is. Dus, God = Vader (en NIE God = God die Vader = God die Seun = God die Heilige Gees nie). Die terme "God die Seun", "God die Heilige Gees", "Drie-eenheid" en "Drie-enigheid" kom nêrens in die Bybel voor nie.

Romeine 1:7  "aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!"

Kolossense 1:2  "aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!"

Galasiërs 1:3 "Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus"

Hierdie is maar 'n paar van baie verse wat wys dat daar twee afsonderlike persone (wesens) bestaan nl. God die Vader, en die Here (Meester) Jesus Christus.

Wat egter nog meer oortuigend is, is die feit dat God, die Vader, selfs die Vader EN GOD van Jesus Christus is.

2 Korinthiërs 11:31  "Die God en Vader van onse Here Jesus Christus, geseënd tot in ewigheid, weet dat ek nie lieg nie."

Efesiërs 1:3  "Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,…"

Efesiërs 1:17  "dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee …"

Openbaring 3:12  "Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam."

Oor die Heilige Gees
Die Griekse betekenis (definisie) van die woorde "Heilig" en "Gees" maak dit baie duidelik waarna verwys word wanneer daar van die "Heilige Gees" gepraat word.

"Heilig" beteken  AFGESONDER, apart gestel.
(Dit beteken nie om sondeloos te wees nie, maar om afgesonder van die wêreld met sy sondige weë te leef, en daarna te strewe om sondeloos te lewe.)

Die woord word gebruik in terme van
·     Die gelowiges / Die tempel / Die kerk / God se verbond ens.

Dit dui dus aan dat iets VAN God is. So bv. praat ons van die Heilige Bybel wat beteken dat dit God se boek is, oftewel 'n boek wat van Hom afkomstig is.

Die betekenis (definisie) van die woord "Gees", volgens die konkordansie, is as volg : -

"Spirit" = 4151 pneuma {pnyoo'-mah} from 41544154 pneo {pneh'-o}  a root word;  AV - blow 6, wind 1; 7 1) to breathe, to blow  1a) of the wind

Die Gees van God is dus sy krag wat op verskeie maniere openbaar word in :

Ø  Lewens asem

Job 33:4  "Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend."
Ø  Woord van God
Johannes 6:63  "Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe."
Ø  God se denke,
Romeine 11:34, vergelyk met Jesaja 40:13.

Dus, die Gees verwys na die KRAG van God wat deel is van Hom en een is met Hom. Dit verwys nie na 'n derde persoon van 'n sogenaamde drie-eenheid nie. Meer spesifiek verwys dit na die AFGESONDERDE KRAG van God soos gegee aan spesifieke persone vir beperkte tye om 'n spesifieke doel te bereik.

Die volgende verse wys die noue verband tussen die Gees en die Heilige Gees. In 'n sin is dit eintlik dieselfde aangesien God se Gees altyd teenwoordig is en Hy die wêreld daarmee onderhou.

Met verwysing na die Heilige Gees wat op die apostels met Pinkster uitgestort was, verklaar die Bybel die volgende : -

Handelinge 2:2  " En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het" Die oorspronklike Griekse woord ("pneuma") vir "rukwind" is dieselfde as wat elders as "gees" vertaal word.

Let nou op hoe die Bybel "gees" en die "Heilige Gees" gelykstel:
Handelinge 2:4 "En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. 

Petrus gaan dan verder en verklaar dat die Profeet Joël dit voorspel het in terme van God se gees wat uitgestort sou word.
Handelinge 2:16,17 " Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is: En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom."

Dit is dus duidelik dat "Heilige Gees" verwys na die "gees" van God, m.a.w. dit wat God s'n is, dit wat aan Hom behoort. Die gees wat Joël van praat is dieselfde gees van God waarvan ons in Genesis lees en waarmee niemand 'n probleem het dat dit nie 'n persoon is nie. Genesis 1:2  "En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters."

Dus : God se gees [Genesis] = my (God se) gees [Joël] = God se gees [Handelinge] = Heilige Gees [Handelinge]

Verdere verse wat bevestig dat die Heilige Gees die krag van God is:


Handelinge 2:3,4 "Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek."

Jesus het vooraf verklaar dat dit sou gebeur en dit toe as die KRAG van God beskou en as IETS wat aan hulle gegee sou word deur God as 'n GAWE, omdat dit aan God behoort het.
Lukas 24:49  "En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte."

In die volgende verse word daar twee keer na Stefanus se karaktertrekke verwys en dan word die Heilige Gees weereens as die krag van God beskryf :
Handelinge 6:5,8 " En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus, 'n man vol van geloof en van die Heilige Gees, …....
8  En Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen."

Lukas 1:35 
"En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word. "

Maria se wonderbaarlike bevrugting was a.g.v. die krag van God, die Vader, wat ten doel gehad het om 'n eniggebore seun te hê.

Hebreërs 6:4,5:
4  Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees  (= "kragte van vers 5),
5, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld deelagtig geword het, ……

Let ook op dat hier na die Heilige Gees as "kragte" (meervoud) verwys word.

Die Heilige Gees verpersoonlik
·     Jesus praat soms van die Heilige Gees asof dit 'n persoon is. Hy verpersoonlik die Heilige Gees, maar dit beteken nie dat dit wel 'n persoon is nie.
·     Dit was 'n kenmerk van die Joodse taal om abstrake konsepte te verpersoonlik.
·     Die Bybel verpersoonlik ook ander abstrakte kosepte.

Wysheid word verpersoonlik as 'n vrou …Spreuke hoofstuk 8:1-3: "Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie? Op die top van die hoogtes langs die weg, op die kruispunt van die paaie staan sy, aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop."

Johannes skryf dat Jesus die Heilige Gees verpersoonlik maar later in sy briewe beskryf hy die Heilige Gees as 'n abstrakte konsep. 1 Johannes 2:27  "En die salwing (Heilige Gees) wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom ( = "DIT" in die oorspronklike Grieks) bly"

Oor Jesus Christus
Ø Hy is 'n man wat onstaan het met sy geboorte. Dit was so oor hom geprofeteer (2 Samuel 7:12-16).
Ø Hy het ons verteenwoordig en as sulks was hy die volmaakte, verteenwoordigende offer vir ons sonde (Hebreërs 7:27).
Ø God het hom opgewek omdat hy sondeloos gesterwe het (Handelinge 2:24).
Ø Hy word derhalwe die middelaar deur wie ons vergifnis van sondes kan verkry, en het sodanig 'n wyse daargestel hoe ons ook die dood kan oorwin AS ons sy lewe navolg (1 Timotheüs 2:5).
Ø Hy was verteenwoordigend van die mensdom en nie God wat "afgekom het om as plaasvervanger vir ons sondes te sterf nie" (Hebreërs 2:17).
Ø Hy moes deur God uit die dood gered word (Hebreërs 5:7-9).
Ø Hy het na sy opstanding nie teruggekeer na 'n posisie of status wat hy voorheen gehad het nie, maar hy was verhewe tot 'n status en posisie wat God aan hom gegee het omdat hy die dood oorwin het (Filippense 2:9; Hebreërs 1:4).
Ø Hy is nou aan die regterhand van God en in die teenwoordigheid van God – nie deel van God nie (Hebreërs 9:24).
Ø Hy kon gesondig het en dus kon hy versoek word - God kan nie versoek word nie (Hebreërs 2:18).
Ø Hy was 'n profeet soortgelyk aan Moses wat vanuit sy mede Jode gebore was (Handelinge 7:37 vergelyk Deuteronomium 18:15-20).
Ø Hy is selfs nou aan die regterhand van God, onderdaning aan God en sal ook in die toekoms onderdanig aan God bly (1 Korinthiërs 15:28).

Die volgende verse staaf hierdie stellings wat oor Jesus gemaak is. As hulle noukeurig gelees word, sal dit gesien word dat Jesus 'n sterflike mens was vir wie God onsterflikheid gegee het - hy moes onsterflikheid ontvang en na sy opstanding en hemelvaart is hy nou onsterflik (soos God nou 'n goddelike wese), maar nog steeds is hy nie God nie. Hy is ook verhewe bo alle magte ens. en bo die mensdom, maar hy bly nog steeds onderdanig aan God.

Hebreërs 5:7-9:
" Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword"


Hierdie verse praat nie van Jesus as deel van 'n Godheid wat afgekom het aarde toe om as 'n plaasvervanger vir die mensdom te kom sterf, en dan terug te keer hemel toe om weer deel van 'n drie-eenheid te wees nie. Dit leer inteendeel dat Jesus nodig gehad het dat God hom uit die dood moes red. Hy was toe gered omdat hy volmaak geword het deur gehoorsaamheid. Hy was dus die mens - die eerste Adam - se verteenwoordiger, maar het die oorwinning behaal deur sy menslike natuur, wat kon sondig, te oorwin deur nooit te sondig nie.

Handelinge 2:33:
"Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor."

Jesus het die Heilige Gees van God ontvang en dit aan die dissipels gegee. Een God wat 'n ander God van 'n derde God ontvang? Die drie-eenheid maak net nie sin nie. Wat wel Bybelse sin maak is dat Jesus, die seun van God, sy vader se KRAG van God ontvang het.


Waar kom die dogma van die drie-eenheid vandaan?

Ons het reeds gesien uit van die aanhalings genoem, dat die dogma van die drie-eenheid oor drie eeue geformuleer was. Die geskiedenis van hierdie ontwikkeling is verdere bewys dat die leerstelling van die drie-eenheid nie Bybels is nie.

In kort wys die volgende tabel hoe die leerstelling van die drie-eenheid geleidelik die waarheid vervang het, todat dit die ware leerstellings oor God in die Bybel totaal verwring het. Dit het Paulus se waarskuwing van 2 Timotheüs 4:1-4 bewaarheid.

NC (Na Christus)
120 è Die apostoliese geloofsbelydenis verklaar : " Ek glo in God die vader die Almagtige skepper van hemel en aarde…"
150 è Justin Martyr begin om die Christendom te verderwe met die filosofie van die Grieke.
170 è Die woord "Trias" verskyn die eerste keer in Christen literatuur.
200 è Die woord "Trinitas" word die eerste keer deur Tertuallian gebruik
260 è Sabellius leer dat Vader, Seun en Heilige Gees drie name is vir dieselfde God.
300 è Geen drie-eenheid gebede nog bekend aan die kerk nie.
310 è Lactantius (ortodokse onderwyser) skryf : "Christus noem homself nooit God nie".
325 è Die konferensie van Nicene besluit om Christus "God van God, Die God van die waaragtige God", te noem.
350 è Groot konflik in die kerk oor die leerstelling van die drie-eenheid .
370 è Die lofsang "Eer aan die Vader, aan die Seun, en aan die Heilige Gees" verskyn en klagtes word daaroor gemaak dat dit 'n nuwigheid is.
381 è Die konferensie van Konstantinopel doen die afrondings werk vir die lering van "drie persone in een God".
383 è Keiser Theodosius dreig om almal wat nie die drie-eenheid glo en aanbid nie, te straf.
519 è Die bevel word uitgereik om die lofsang in alle kerke te sing.
669 è Die kerklui word beveel om die geloofsbelydenis van Athanasia, wat die leerstelling van die drie-eenheid bevat, te memoriseer.
826 è Biskop Basil gee opdrag dat bogenoemde geloofsbelydenis elke Sondag afgelê moet word. 

Ons lys nou die Apostoliese - , Niceanse- , en Athanasiuse geloofsbelydenisse. Let op hoe ver verwyderd en totaal verskillend die laaste twee van die oorspronklike belydenis is wat die apostels se leerstellinge weergee. M.a.w. dit wat die apostels geglo het was nie die leerstelling van die drie-eenheid nie. Let ook op hoe eenvoudig, kort en saaklik die apostoliese geloofsbelyenis is, terwyl die formules van die mens al hoe meer onduidelik, onverstaanbaar en omslagtig raak.

Apostoliese Geloofsbelydenis ± 140 NC
Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde; en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel; wat op die derde dag opgestaan het uit die dood; opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel. Ek glo in die Heilige Gees; Ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die liggaam en 'n ewige lewe. AMEN

Niceanse Geloofsbelydenis ± 300 NC
Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge; en in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore: Hy is God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore, nie gemaak nie, een in wese met die Vader, deur wie alles tot stand gekom het. Hy het ter wille van ons, mense, en ons saligheid uit die hemel neergedaal en het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria vlees geword; Hy het mens geword; onder Pontius Pilatus is Hy vir ons gekruisig; Hy het gely en is begrawe. Op die derde dag het Hy volgens die Skrifte opgestaan, en Hy het na die hemel opgevaar. Hy sit aan die regterhand van die Vader, en Hy sal met heerlikheid terugkom om die lewendes en die dooies te oordeel. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie. Ons glo in die Heilige Gees, wat Here is en lewend maak. Hy gaan van die Vader en die Seun uit, en Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy het deur die profete gespreek. Ons glo aan een, heilige, algemene en apostoliese kerk. Ons bely een doop tot vergifnis van die sondes. Ons verwag die opstanding van die dooies en die lewe van die toekomstige bedeling. Amen

Athanasiuse Geloofsbelydenis ± 420 NC

1.Vir elkeen wat salig wil word, is dit in die eerste plek nodig dat hy die algemene geloof moet vashou.
2.As iemand dit nie heeltemal en ongeskonde bewaar nie, sal hy sonder twyfel ewig verlore gaan.
3.Die algemene geloof is: Ons moet die een God in die Drieheid en die Drieheid in die Eenheid eer,
4.sonder om die persone te vermeng of die wese te deel.
5.Want die persoon van die Vader is 'n ander, dié van die Seun is 'n ander, dié van die Heilige Gees is 'n ander.
6.Tog het die Vader en die Seun en die Heilige Gees een Godheid, gelyke eer en gelyke ewige heerlikheid.
7.Soos die Vader is, so is ook die Seun en ook die Heilige Gees.
8.Die Vader is ongeskape, die Seun is ongeskape, die Heilige Gees is ongeskape;
9.onmeetlik is die Vader, onmeetlik is die Seun, onmeetlik is die Heilige Gees;
10.die Vader is ewig, die Seun is ewig, die Heilige Gees is ewig.
11.Nogtans is daar nie drie ewiges nie maar een Ewige,
12.net soos daar ook nie drie ongeskapenes of drie onmeetlikes is nie maar een Ongeskapene en een Onmeetlike.
13.Eweneens is die Vader almagtig, die Seun almagtig, die Heilige Gees almagtig;
14.en tog is daar nie drie almagtiges nie maar een Almagtige.
15.So ook is die Vader God, die Seun God, die Heilige Gees God;
16.en tog is daar nie drie gode nie maar een God.
17.Net so is die Vader Here, die Seun Here, die Heilige Gees Here;
18.en tog is daar nie drie heres nie maar een Here.
19.Want soos ons deur die Christelike waarheid gedwing word om elke Persoon afsonderlik God en Here te noem,
20.word ons ook deur die algemene geloof verbied om drie gode of heres te bely.
21.Die Vader is deur niemand gemaak of geskep of gegenereer nie;
22.die Seun is deur die Vader alleen nie gemaak of geskep nie maar gegenereer;
23.die Heilige Gees is deur die Vader en die Seun nie gemaak of geskep of gegenereer nie maar gaan van Hulle uit.
24.So is daar dan een Vader, nie drie vaders nie; een Seun, nie drie seuns nie; een Heilige Gees, nie drie heilige geeste nie.
25.En in hierdie Drieheid is daar nie eerste of laaste nie, nie meeste of minste nie,
26.maar al drie Persone het gelyke ewigheid en is heeltemal aan mekaar gelyk,
27.sodat in alle opsigte, soos hierbo gesê is, die Eenheid in die Drieheid en die Drieheid in die Eenheid geëer moet word.
28.Wie dus salig wil word, moet so oor die Drie-eenheid dink.
29.Maar vir die ewige saligheid is dit nodig dat hy ook getrou aan die menswording van ons Here Jesus Christus moet glo.
30.So is die regte geloof dan: Ons glo en bely dat ons Here Jesus Christus, die Seun van God, tegelyk God én mens is.
31.Hy is God uit die Wese van die Vader, voor alle tye gegenereer, en mens uit die wese van sy moeder, in die tyd gebore;
32.volkome God, volkome mens met 'n redelike siel en menslike vlees,
33.na die Godheid aan die Vader gelyk, na die mensheid minder as die Vader.
34.En alhoewel Hy God en mens is, is Hy nogtans nie twee nie maar een Christus.
35.Hy is een, nie deur verandering van die Godheid in die vlees nie maar deur die aanneming van die mensheid in God.
36.Hy is in alle opsigte een, nie deur vermenging van die wese nie maar deur die eenheid van die Persoon.
37.Want soos die redelike siel en die vlees een mens is, so is God en mens een Christus,
38.wat ter wille van ons saligheid gely het, na die hel neergedaal het, op die derde dag uit die dood opgestaan het,
39.na die hemel opgevaar het en aan die regterhand van God, die almagtige Vader, sit.
40.Daarvandaan sal Hy kom om die lewendes en die dooies te oordeel.
41.By sy koms sal alle mens, met hulle liggame, opstaan
42.en van hulle eie werke moet rekenskap gee.
43.En die wat goed gedoen het, sal die ewige lewe ingaan, maar die wat sonde gedoen het, in die ewige vuur.
44.Dit is die algemene geloof; en as iemand dit nie getrou en vas glo nie, sal hy nie salig kan word nie.

Besware en klaarblyklike probleem verse

Daar is baie empatie vir die besware wat baie opregte Christene mag hê wanneer hulle gekonfronteer word met die feit dat die leerstelling van die drie-eenheid nie die waarheid is nie. As 'n mens jou hele lewe lank die leerstelling van die drie-eenheid geleer is, sal daar sekere aspekte en verse wees wat die indruk skep dat daar tog bewyse in die Bybel is vir die leerstelling van die drie-eenheid. Nadere ondersoek van al hierdie gevalle sal egter wys dat dit nie die geval is nie. Ons behandel net twee gevalle ('n beswaar en 'n probleem vers), om te bewys dat die Bybelse waarheid dat God enig is en nie drie-enig nie, nie deur ander verse weerspreek word nie.

'n Beswaar onder oënskou geneem.

Dikwels voer mense aan dat Jesus God moet wees omdat Jesus aanbid word en die Bybel sê dat God aanbid moet word. Dit is waar dat Jesus aanbid moet word maar die gevolgtrekking dat hy dus God moet wees is verkeerd omrede die beteknis van die woord "aanbid", en die rede hoekom Jesus aanbid moet word, nie verstaan word nie. Daar is veral twee aspekte wat hierdie klaarblyklike "teenstrydigheid" oplos nl:

1.     Die werklike betekenis van die woord "aanbid" - die Afrikaans is hier ietwat misleidend.
2.     Die beginsel in die Bybel van verteenwoordiging, m.a.w. dat Jesus namens God optree en oordeel, en dat God se doel (dat Hy [God] verheerlik word) bereik word as Sy seun eerbiedig word.

Meer detail. Eers die feite. -

1.Mattheus 4:10 beteken nie noodwendig dat God alleen "aanbid" moet word nie maar eerder alleenlik gedien moet word : - "Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien."

2. Jesus word wel "aanbid" en verhoed nie diegene wat dit doen om dit wel te doen nie. So bv. Mattheüs 28:7,9,17  en ook :
Lukas 24:50-53: "En Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem. En hulle het Hom aanbid en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap. En hulle was gedurig in die tempel en het God geprys en gedank. Amen"

Verder nog …
God gee sy engele opdrag om Jesus te aanbid : -  Hebreërs 1:6 "En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid".

Die volgende voorbeeld begin egter die "teenstrydigheid" oplos, aangesien dit die regte definisie van die woord "aanbid" gee.

Matt 2:1,2,,11 - waar wyse manne Jesus as jongeling (waarskynlik so 2 jaar oud) kom "aanbid".

Matteus 2:1-2 "En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys."

Matteus 2:11 "En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre."

Drie dinge is hier van belang nl:
[A] Die woord "hulde" is dieselfde Griekse woord ("proskuneo") wat in die ander verse as "aanbid" vertaal is, en beteken om hulde te bring, eer of respek te betoon, te eerbiedig.

Die Griekse woord "proskuneo" se definisie in die Engelse "Strongs Concordance" is as volg :- 4352 proskuneo {pros-koo-neh'-o} (meaning to kiss, like a dog licking his master's hand);  worship 60; 60

 1) to kiss the hand to (towards) one, in token of reverence
 2) among the Orientals, esp. the Persians, to fall upon the knees and touch the ground with the forehead as an expression of profound reverence
 3) in the NT by kneeling or prostration to do homage (to one) or make obeisance, whether in order to express respect or to make supplication
3a) used of homage shown to men and beings of superior rank
3a1) to the Jewish high priests  3a2) to God 3a3) to Christ 3a4) to heavenly beings

 [B] Let op dat die wyse manne gekniel (neergeval) het - daar is 'n interessante verband tussen eerbiediging en om die knie te buig soos latere verse sal uitwys.

[C] Die wyse manne bring hulde m.b.t. hul geloof oor die toekomstige status wat die jong kind sou beklee, nl. Koning van die Jode.

Dus, om eer te betoon aan Christus maak hom nie noodwendig God nie.

Verder leer die Bybel die volgende:

Jesus het na sy opstandig die ewige lewe van God ontvang asook 'n verhewe status wat hy nie voorheen beklee het nie. Hy is nou onsterflik (goddelik - maar eers na sy opstanding) en sit in God se teenwoordighed (Hebreërs 9:24), aan God se regterhand. Hy is verhewe deur God tot middelaar tussen God en die mens en moet in die toekoms terug keer om te heers as Koning oor die hele aarde, waartoe hy deur God bestem is.

Dit is God se doel dat elke knie voor Jesus sal buig ( m.a.w. hulde bring = aanbidding ) Wat is egter die resultaat hiervan ? ….. Filippense 2:8-11 "…het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader."

Daar is 'n goeie Engelse uitdrukking wat hierdie beginsel verder uitlig nl:

"Glory to the Father be through the Son's supremacy, not his divinity."

Dus, Jesus en God moet "aanbid" word, maar slegs omdat Jesus deur sy sondelose lewe en sterwens offer tot 'n posisie van eer deur God verhewe is. Hulle bly egter nog steeds twee afsonderlike entiteite / persone -

 Openbaring 5:13 "En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, (=Filippense 2:10),  het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam (Jesus aan die regterhand van God op die troon - Openb 5:6,7) kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!
14  En die vier lewende wesens het gesê: Amen! En die vier en twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid (ook vir Jesus "aanbid" in vers 8) wat lewe tot in alle ewigheid."
 



Kyk nou hoe die volgende twee verse ook die beginsels soos bo uiteengesit bevestig.

Johannes 5:22-23 " Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee, sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.". - Hoekom moet die Seun vereer ("aanbid") word ? - Nie omdat hy God is nie maar omdat God (sy God en Vader) hom alle mag gegee het om names Hom op te tree en te oordeel

Romeine 14:9-12 " Want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers. Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee".

Dit is interessant dat die engel (Openbaring 22:8,9), en Petrus (in die geval van Kornelius - Handelinge 10:25),  nie toelaat dat hulle "aanbid" word nie en dat Jesus streng gesproke net toelaat dat hy "aanbid" word nadat hy opgestaan het uit die graf (m.a.w. nadat sy verhewe status bevestig is).

Kyk nou weer na  Lukas 24:52,53:"En hulle het Hom (Jesus) aanbid (vereer, na sy opstanding) en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap.En hulle was gedurig in die tempel en het God geprys en gedank. Amen. " (Uiteindelik is dit God wat al die eer kry en nog sal kry - 1 Korinthiërs 15:23-28).

Ten laaste net 'n kykie na Psalm 2 om te sien hoe ryk die die woord van God is en hoe die Bybel altyd die waarheid op alle plekke beaam . Psalm 2 is a profetiese Psalm van Christus ( verse 7,8), wat sal heers as koning vanaf Jerusalem en alle menslike koninkryke met sy wederkoms aan sy gesag sal onderwerp (sien ook Daniël 7:13,14).

Psalm 2:1-12


1  Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? 2  Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: 3  Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! 4  Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. 5  Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: 6  Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. 7  Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.
8  Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting. 9  U sal hulle verpletter met 'n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos 'n erdepot. 10  Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! 11  Dien die HERE met vrees, en juig met bewing. 12  Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!

Vers 12 in die AV (King James Authorised Version) lees as volg. : " Kiss the Son, lest he be angry, and ye perish [from] the way, when his wrath is kindled but a little. Blessed [are] all they that put their trust in him."

Dit hou verband met eerbied ("aanbidding") - onthou die betekenis van "worship " … 1) to kiss the hand to (towards) one, in token of reverence

'n Sogenaamde probleem vers onder oënskou geneem.
Johannes 8:56- 58 "Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly. Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien? Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek. "

Baie glo hierdie vers bewys dat Jesus reeds fisies voor Abraham bestaan het. Kom ons kyk dus na Johannes 8:56-58 MAAR ons begin by vers 51 waar die hele argument begin:

51 " Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie."

Jesus maak 'n stelling dat gelowiges "die dood in der ewigheid nie sal sien nie". Ons weet dat die woorde van Christus 'n ANDER betekenis moet hê as wat dit letterlik blyk te wees, want gelowiges sterf wel – die apostels is goeie voorbeelde. Ons weet wat Jesus bedoel het – dat gelowiges die hoop op die wederopstanding het en al sterf hulle is dit net 'n toestand van tydelike slaap todat hulle weer vir ewig leef. Dit is in die sin dat hulle die dood nie sal sien nie.

NB ! Die Jode het hom egter letterlik probeer opneem en dus verkeerd verstaan omdat hulle nie op sy geestelike golflengte was nie.

52  "Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie. 53  Is U dan groter as ons vader Abraham wat gesterf het? En die profete het gesterwe. Vir wie gee U Uself uit?"

Uit hulle argument hierbo is dit duidelik dat hulle nie Christus wou erken as God se seun nie, maar Abraham (en die profete) hoër geag het as Jesus. Dit het nog nie tot hulle deurgedring dat Jesus die een was wat aan Abraham belowe was, en wat juis die dood (en die finaliteit daarvan) sou kom oorwin nie. Jesus gaan nou voort om aan die Jode te bewys dat hy BELANGRIKER is as Abraham – nie dat hy voor Abraham bestaan het nie.

54  "Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is.55  En julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom; en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek soos julle 'n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom en bewaar sy woord."

Let nou mooi op na die volgende twee verse …

56 " Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly. 57  Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien?"

Weereens verstaan die Jode Jesus verkeerd omdat hulle Jesus LETTERLIK probeer opneem. Hulle maak 'n gevolgtrekking dat Jesus ABRAHAM gesien het terwyl Jesus dit nie gesê het nie. Ook het Jesus nie gesê dat Abraham hom gesien het nie, maar dat Abraham verheug was omdat hy "Jesus se dag" SOU sien. Die vraag is nou wat is die dag van Jesus en wanneer het Abraham dit gesien. Die antwoord is in Genesis 22:7-8:

"Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir 'n brandoffer? En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop."

As ons Genesis 22:5 en Paulus se kommentaar daarop in Hebreers 11:17-19 vergelyk sien ons dat Abraham die dag toe hy Isak moes offer reeds geweet het en geglo het, in Jesus wat nog in die TOEKOMS gebore sou word om "die lam te wees wat die sondes van die wêreld wegneem", en sodoende die dood sou oorwin. Dit was die dag van Jesus wat Abraham in sy geestesoog in geloof gesien het en wat hom verheug het – net soos hy die "stad van God", wat nog moes kom (Hebreërs 11) in sy geestesoog in geloof gesien het.

Hier tema, dat dit altyd in God se plan/doel was om in die toekoms 'n seun te verwerk wat die verlosser van die wêreld sou wees, word in die res van die Ou Testament bevestig. Daar word talle male deur God belowe dat Sy seun IN DIE TOEKOMS gebore SOU word. Daar is absoluut NIKS in die O.T. dat God openbaar dat 'n sogenaamde derde deel van hom - wat na die seun verwys word - af sou kom aarde toe nie.

Terug na Jesus se argument. Die argument sover : -
Jesus -: glo in my en sien nie die dood nie – ek is die een wat beloof was om gebore te word en die dood te oorwin.
Jode – Abraham en die profete is balangriker as jy en hulle het gesterf.
Jesus : God gee my die gesag en dus is ek as Sy seun belangriker as Abraham aangesien ek die een is wat beloof is om dit te bewerkstellig wat dit moontlik gaan maak vir Abraham om weer te leef. Abraham het hom hierin verheug en het in blydskap vooruit gesien hierna.
Jode:. Jy kon nie Abraham gesien het nie aangesien jy nog nie eens 50 is nie.

Nou sê Jesus:
58  "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.

Let op – hy sê nie "voor Abraham was, WAS ek nie." Maar "IS EK" Die term IS EK dui daarop dat Jesus weereens die punt maak dat hy BELANGRIKER as Abraham is, aangesien hy reeds deur God beplan was voordat Abraham daar was. Jesus was dus van die begin af in God se doel en dus in God se gedagtes, maar hy het eers met die dag van sy geboorte as mens begin bestaan.

Efesiërs 3:9-11 bevestig dit ook:
"en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,  sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word, volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here."

Johannes 17:4,5 moet op sootgelyke wyse geïnterpreteer word. Jesus praat van sy HEERLIKHEID wat by God was – nie hyself nie – Hierdie heerlikheid is weereens die wederopstanding en ewige lewe wat hy van God verkry het (hy het dit nooit voorheen gehad nie), en dit was altyd in die plan van God ( Sien bv. 1 Petrus 1:21 ). M.a.w. Jesus het heerlikheid by God gehad nog voor die wêreld daar was, maar dit beteken nie dat hy self daar was nie. Net so het God vir Jeremia geken en 'n doel met hom gehad voor hy nog gebore was ( Jeremia 1:5).

Dogma vs. ware Bybel leerstellings.

Die "leerstelling" van die drie-eenheid word dikwels na verwys as 'n dogma. Dit is heeltemal reg so, maar die definisie van die woord "dogma" gee verdere bevestiging dat dit nie van God afkomstig is nie.

Websters gee die volgende definisie van 'n dogma:
DOGMA
*1.doctrine
dog.ma \'do.g-m*, 'da:g-\ \-m*t-*\ n or dogmas also dog.ma.ta [L dogmat-, dogma, fr. Gk, fr. dokein to seem] pl 1a: something held as an established opinion; esp : a definite authoritative tenet 1b: a code of such tenets {pedagogical ~} ….  1c: a point of view or tenet put forth as authoritative without adequate grounds

2: a doctrine or body of doctrines concerning faith or morals formally stated and authoritatively proclaimed by a church

Die vraag wat elkeen homself dus moet afvra is die volgende :  "Is my geloof kerk gedikteer of Bybels gebaseer? Glo ek op grond van wat ek self in die Skrif ondersoek en as waar bevestig het, of glo ek blindelings op grond van wat die kerk vir my voorhou as waarheid?" Die antwoord hierop sal bepaal of ons die ewige lewe beërf al dan nie.

"En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het" Johannes 17:3.

No comments:

Post a Comment